
Onderrig Fases
Die volgende onderrig fases word aangebied:
Pre-Primêr (vanaf 4 maande ouderdom)
Junior Primêr (Gr 0-3)
Senior Primêr (Gr 4-6)
Junior Sekondêr (Gr 7-9)
Senior Sekondêr (Gr 10-12)
Kurrikulum
Ons leerlinge skryf jaarliks die IEB (Independent Examination Board) se matriekeksamen. IEB word by alle Universiteite in Suid-Afrika aanvaar asook by sekere oorsese Universiteite.
Vakkeuses
Die kurrikulum vir Graad 8 en 9, maak voorsiening dat die leerlinge in aanraking kom met 'n wye studieveld waarna hy/sy dan aan die einde van Gr.9 'n behoorlike keuse kan maak ten opsigte van vakke en 'n studierigting.
- Afrikaans
- Engels
- Wiskunde / Addisionele Wiskunde (vir die leerlinge wat nie aangelê is vir Wiskunde nie – 'n opsie om die graad te slaag)
- Sosiale Wetenskap: Geskiedenis en Aardrykskunde
- Natuurwetenskap: Wetenskap en Biologie
- Ekonomiese Wetenskap: Bedryfsekonomie, Ekonomie en Rekeningkunde
- Tegnologie: Elektrisiteit, Tegniese Tekene, Meganika, Voedselverwerking, Rekenaargeletterdheid.
- Christelike Lewensoriëntering: Liggaamlike Opvoeding, Voorligting en Bybelonderrig.
- Kultuur
Verpligte Eksamenvakke Graad 10 - 12:
- Afrikaans
- Engels
- Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
- Christelike Lewensorïëntering
- Bybelonderrig
Keusevakke Graad 10 - 12:
- IGO / Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) / Lewenswetenskap
- Toerisme / Rekeningkunde / Geografie/ Inligtingstegnologie (IT)
- Lanbou Bestuurspraktyk / Besigheidstudie / Fisiese Wetenskap / Verbruikerstudie
- Add Maths (gevorderde Wiskunde) word as 'n ekstra vak, buitemuurs, aangebied
