
Huis Kameeldoring
Gromar se koshuis, Huis Kameeldoring is in die hart van die skool geleë. Die koshuis is vanaf 2017af oop en bied ’n tuiste vir gemotiveerde, presterende leerlinge van reg oor die land. Hierdie koshuis ondersteun in elke opsig die skool se strewe na uitnemendheid en is met trots in die Gromar-waardes van integriteit, lojaliteit, respek en ywer gewortel. Dis ‘n hegte Gromar-gesin wat die geleentheid aan leerlinge bied vir maksimale betrokkenheid by die skool se aktiwiteite en ondersteuning van alles op die Gromar-terrein.
- Koshuisinwoning maak voorsiening vir 30 seuns en 30 meisies van Graad 7 tot Graad 12
- Die bestuur van die koshuis word deur ’n koshuisraad hanteer, wat uit ’n ervare koshuisvader en moeder, matrone asook koshuisleiers bestaan.
- Koshuisinwoning is as gevolg van die beperkte plekke jaarliks beskikbaar en aan ’n keuringsproses onderhewig. Die aansoekvorm vir keuring is by die skool kantoor beskikbaar.
- Die jaarlikse koshuisgeld is streng vooruitbetaalbaar en kan óf eenmalig gedurende Januarie, óf in kwartaallikse paaiemente binne die eerste week van elke kwartaal, of in 11 maandelikse paaiemente vanaf Januarie tot Oktober, voor die derde dag van elke maand, betaal word.
- Rig alle navrae aan admin@gromar.co.za
Koshuis Personeel:
Sarel Kruger - Faktotum
Gerda Kruger - Koshuis
André de Beer - Koshuisvader
Koshuis Leiers 2022:
PJ Smit
Michael Pretorius
Ronette Van Nikkelen Kuyper
Lee-Ann Roos








